Tuesday 3 January 2012

Ouderdom

Old Lady Stretching



Ek weet nie van julle nie, maar noudat dit op skrif is: ‘tussen 40 en 50 jarige ouderdom’,  klink dit vir my so verkeerd.  Dit klink of ek ook die doodsengel in die gesig staar.  My lewe is oor, dis verby.  Wat sal ek moontlik nog kan beteken of bereik in hierdie lewe?  Ek hang maar net hier rond in case ‘n kind of kraai my dalk mag nodig kry, of die bietjie geldjies, wat ek soos ‘n 40 tot 50 jarige wegsteek. 

As ek terug kyk, met ware gevoel, dan voel dit soos baie meer jare wat gekom en gegaan het.  Die pad terug voel oneindig.  Ek het nog nie besluit hoe voel die pad vorentoe nie, ek idle nog hier in my skoktoestand.  Ek merk wel op hoe tree ander oumense op.  Behalwe vir die gewone oumens-streke, kry jy die tipe wat uitstaan bo die res.  Julle weet my beroep is gefokus op die ouer persoon, daarom is ek deel van die oumens-ding.  Ek het my ondervinding toegeskryf aan my beroep, maar nou sien julle self op skrif my lewe het tot ‘n einde gekom. 

Maar, kan hulle jou vloek en skel en wegjaag as hulle dit nodig vind!  Ag, dit rol van my rug af soos ‘n eend se watsenaam.  Ek sê net: ja, ok, ek gaan nou loop.  Ek wil nog ‘n bietjie staan.  En dan staan ek.  En dan vloek dit (hy/sy)  En ek staan.  Ek gaan mos nou loop.  Partykeer is dit 'n getrekkery.  Ek trek, sy trek ons wil altwee die loopraam hê.  So gaan dit dan nou aan en aan, maar ek sorg dat ek loop voordat ek die oorsaak van ‘n aanval is.  Ek moet darem seker maak ek het alles waargeneem terwyl ek so doenig is, terugkom? defnitief nie al die volgende dag nie.  Timing is crutial.

En dan die liewe onskuldige mens.  Dit is al amper weer kind.  Die hande hang los langs die sye, die vingers speel ewe laf met mekaar.  Ons loop op, ons loop af, ons kyk en kyk met groot oë, die mond val oop.  En die geluide wat gemaak word, you won’t believe it. 
Ek staan op ‘n afstand en beaam alles met dieselfde: ‘can you believe it’, oor en oor, dat ek ook darem net iets sê.   Dis amper vir my erger as die swetser.  Ek frons en kyk en kyk en daar word vir my klas gegee oor die onderwerp asof ek  niks weet nie.  Ja, ok, ek weet meestal van die tyd nie al die ouvrou goed nie, maar julle weet mos by die tyd hoe my kop werk.  My brein is al ver ver verby, ek hoor eintlik nie eers meer wat gesê word nie, my reaksies kom vanself.  Binne in my kop, skud my kop links en regs, soos wanneer mens moed opgee.  Die geskud word veroorsaak deur die erge irritasie in my brein.  Ons is nou klaar met oumense, om nou sommer die onderwerp ook te verander, wat my eintlik irriteer is as iemand agter kom hy weet iets, en dan die oomblik aangryp vir bietjie erkenning.  Die stortvloed van woorde, jy sal dit nie glo nie.  Fuck! wie worry hoe slim jy is.  As ek wou weet het ek gevra.

Ons oumense, jong, ons kan moeilik raak. 


No comments:

Post a Comment